Florence de Vries is 'n kommunikasiespesialis aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het haar loopbaan begin as finansiële verslaggewer by Media24 en later Independent Newspapers voor sy die korporatiewe kommunikasiewêreld in 2011 betree het. Sy het haar voorgraadse studies in 2003 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en 'n meestersgraad in die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch in 2008 verwerf. Sy en haar man en hul vyfjarige dogtertjie woon in Kaapstad se noordelike voorstede.
DEAR BERD ...
Die kuns van briefskryf
FLORENCE DE VRIES vertel van die eerste (baie ongelukkige) brief wat sy ontvang het van die mens wat sy ses jaar gelede in die lewe gebring het, en waarom sy nou al die briefies bewaar.
Deel
EK het iets waaroor ek moet bieg. Ek het meer as een honderd stukkies papier met my kind se gekrabbel in die herwinningsasblik gegooi.
In die jare sedert sy ’n stuk kryt kon vashou, was ek en haar pa die ontvangers van “prentjies” met blommetjies en sterretjies, die oseaan, die son, die wolke en haar skilpaaie. Eenhorings met ingeboude paddavoete, fynbos-feetjies en ander sprokiesagtige diertjies het kort ná haar derde verjaardag die lig gesien. Soms het ons ook portrette van onsself gekry; haar pa had altyd sy (regte) bril, baard en blomme en haar ma…oorwegend altyd ’n stipkykende standbeeld-mens die dag nadat (die standbeeld) haar verbied het om verder water uit die toilet te skep vir die poppe se swembad: “Ek is hartseer oor die swembadwater. Mamma is van nou af ’n standbeeld, want standbeelde raas nie met hul kinders nie.”
Heelwat van dié werke is geraam of gestoor (watter ouerhart kan ontslae raak van die onderaardse kiek van die mense wat ons in haar leeftyd moes groet?), maar glo my vry, (honderde) stukke papier uit my huis het waarskynlik teen dié tyd nuwe rigtings ingeslaan en hulself as appelkardoesies of gelukwensingskaartjies bekwaam...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die koningin, die Ngwazi en die mag van kennis
Kirstenbosch uit ’n unieke hoek
Oor groenes en rooies en bekke wat permy hang
Bly jy op sosiale media of nie, dís die vraag
Die lewe deur ’n filosofiese lens beskou
Deel
-
Deel
Florence de Vries
KommunikasiespesialisFlorence de Vries is 'n kommunikasiespesialis aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het haar loopbaan begin as finansiële verslaggewer by Media24 en later Independent Newspapers voor sy die korporatiewe kommunikasiewêreld in 2011 betree het. Sy het haar voorgraadse studies in 2003 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en 'n meestersgraad in die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch in 2008 verwerf. Sy en haar man en hul vyfjarige dogtertjie woon in Kaapstad se noordelike voorstede.