Ná generasiekonflik trek arme millenniërs swaar, maar daar is hoop

O, DIE ANTAGONISME

Ná generasiekonflik trek arme millenniërs swaar, maar daar is hoop

Alle aanduidings is dat millenniërs op dieselfde ouderdom as hul ouers finansieel swakker daaraan toe is. DOUW STEYN bekyk die konflik tussen die generasies en kom tot die gevolgtrekking dat daar tog hoop is.

RUSLAND is nog besig met sy “spesiale militêre operasie in Oekraïne”, toe besluit Azerbeidjan en Armenië hulle moet ook die nuus haal. En terwyl ek nog sukkel om presies vas te stel waar die twee state op die wêreldkaart is, lees ek Tadjikistan en Kirgisië skiet op mekaar. Teen die tyd dat ek die twee name kan uitspreek, sal daar sekerlik iewers meer bekend ’n volgende skermutseling uitbreek.

Kompetisie, konflik en oorlog is so eie aan die mens dat ons dit as een van die onderskeidende kenmerke kan beskryf. Nog meer uniek is die onlangse konflik tussen generasies. En daarmee bedoel ek nie die ou bul wat uitgestoot word nie. Ons het altyd ’n stryd tussen ouers en kinders. Pa en Ma weet mos beter en die kinders dink weer hul ouers is agter-die-klip, hou nie tred met ontwikkeling nie. Maar die bedoeling hier is suiwer; ouers wil hul kinders beskerm en die kinders wil nie dat hul ouers totaal agterraak nie.

Hier ná die Tweede Wêreldoorlog het dinge verander. Generasies het begin glo hulle weet nie net beter nie, maar hulle geslag is die beste ooit. Die generasie wat die oorlog as jong volwassenes meegemaak het, is nie verniet bekend as die “greatest generation” nie. Die volgende geslag het maar hul bek gehou; die stille generasie. Maar toe kom die grootbekke; die baby boomers...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.