Bevry die stemloses

UIT DIE ARGIEF

Bevry die stemloses

In Vrye Weekblad se geselsrubriek van 31 Januarie 1992 skryf ANTJIE KROG oor taalrassisme en stigmatisering van tale, hoe (veral) Engels en Afrikaans bevoordeel is, en hoe swart tale agtergebly het. Die tale van die land se taalwaardigheid moet herstel word sodat alle mense hul menswaardigheid met meer as besittings, stemreg en mag kan herstel, sê sy.

  • 28 September 2022
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 6 van 6
  • Antjie Krog

DAAR het eenmaal op ’n dorpie ’n pa, ’n ma en hul dogter gewoon. Die pa was vir jare ’n aktiewe ondergrondse lid van die ANC en het die UDF op die dorpie gestig. Hy is gereeld gearresteer en maande aangehou. Op ’n keer is die ma ook gearresteer en vir ses maande in eensame aanhouding gehou. Na ’n senuwee-ineenstorting is sy vrygelaat. Met haar vrylating herken sy skaars haar enigste kind.

Kom ons noem die ma Margaret. Iemand moet haar familie laat weet. Die brief word in Engels geskryf, hoewel die familie Afrikaans- en Sothosprekend is. Waarom Engels? Skryf ons in Engels aanvaar die familie ons is educated mense. Buitendien, wat is endogene depressie of bipolêre frekwensies in Sotho?

Gedurende haar gevangenisskap het Margaret ’n dagboek gehou. Die tronktonele was in Afrikaans, die struggle en ideale in Engels, die touloop tussen sin en waansin geskryf in Sotho. As deel van die genesingsproses besluit sy om dit te publiseer. Sy vertaal die dagboek in Engels...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.