Demokrasie is dood, gee jou stem vir die algoritme
WEET ALLES, SIEN ALLES

Die demokrasie het veel gedoen om die wêreld ’n beter plek te maak, maar soos met alles in die lewe kom daar ’n einde. DOUW STEYN stel voor ons haal liewer voortaan die mens uit die besluitnemingsproses.
DIE enkele grootste probleem waaraan die mensdom dringend iets moet doen, is nie klimaatsverandering, skreiende ongelykheid, vernederende armoede of oorbevolking nie. Al dié dinge is bloot die gevolge van die eintlike probleem; die simptome van die siekte.
Die siekte self is die afwesigheid van ’n politieke besluitnemingsmeganisme wat die wil van die mense versoen met wetenskaplik gefundeerde en noodsaaklike (maar uiters ongewilde) intervensies. (Die mense sluit in diegene wat daagliks ’n oorlewingstryd voer, ander wat deur die bevrediging van materialistiese skimbehoeftes gedryf word, die totaal oningeligtes en die waningeligtes.)
Ons politieke leiers is deeglik bewus van wat dringend gedoen moet word. Indien nie, slaap hulle by elke COP- of Davosberaad, lees hulle nie hul eie amptenare se verslae nie of beskik hulle net nie oor die intellektuele vermoë om oorsaak en gevolg bymekaar te bring nie. (Goed, ek weet ons het self al so ’n leier gehad; ons kan hom ten minste verskoon, maar wat van al die ander?)..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Douw Steyn
SkrywerDouw is nie ’n kenner, sosiale aktivis of kampvegter nie. Hy skryf soms oor dit wat hom interesseer.