’n Ander blik op Kirstenbosch se fynbos: Kyk, dit ruik ligpers!

NEVER SEEN-FOTOGRAFIEPROJEK

’n Ander blik op Kirstenbosch se fynbos: Kyk, dit ruik ligpers!

Deur ’n unieke navorsingsprojek kan mense met siggestremdhede hulle eie stories vertel oor die duisende huppeldansende bosviooltjies, staproetes, en geurtuine, skryf FLORENCE DE VRIES.

NURJAWAAN RAWOOT voel-voel aan die takkie blomme voor haar. Sy neem versigtig ’n tree vorentoe. Met haar fyn vingers trek sy die sagte blommetjies tot by haar neus. Sy haal diep asem. “Dit ruik soos ’n ligte kleur,” verklaar sy. “Iets pastellerig soos perske of … ligpers, dalk.”

Hier waar sy in die Kirstenbosch- Nasionale Botaniese Tuin aan die voet van Tafelberg in Kaapstad staan, huppeldans duisende ligpers bosviooltjies (Barleria obtusa) in dié fynbosmekka rondom haar. Nurjawaan (29) neem die blomme met haar raakskerm-slimfoon af en voeg gepaardgaande stemaantekeninge by. Sy is vanjaar 11 jaar lank blind.

Never Seen-navorsingsprojek..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.