ELKE seisoen bring sy eie blommetjie-pelgrimstog. In mý wêreld, met ’n botanis-man en ’n vyfjarige, word ons reise in Suid-Afrika veral rondom spesiale blomtydperke beplan. Maar wanneer ons nié reis nie, verskaf die lieflikste (en soms uiters spesiale) blomme in ons plaaslike parke en oop stukkies veld hier in Kaapstad se noordelike voorstede groot genot.
Ons het selfs ’n eiesoortige gesinstradisie begin waarin ons ons dogtertjie aan talle verskillende spesies veldblommetjies deur die seisoene bekendstel. Al borrelend het die klein mensie saam met die oop geel, pers en rooi gesiggies gelag totdat ons eendag sowat drie jaar gelede opgelet het die blomme was minder of plein skoonveld. In die naam van “netheid” is die opkomende saadjies van die allerpragtigste blommetjies doodeenvoudig weggesny.
Summier gesny..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Corona in die Nuwe Kannaland