’n Ander ek

WAT AS ...?

’n Ander ek

Haar ‘ander ek' lê iewers in ’n laai weggepak soos die inleidende note van ’n liedjie wat nooit die lig gesien het nie, skryf Florence de Vries. Sy voel hoe die ander weergawe(s) van haarself soms lank nadat sy weggestap het, steeds in die spieël bly kyk. Hulle kyk vir haar en wonder of sy gelukkig is met hoe dinge tot dusver uitgedraai het.

EK is nie die persoon wat ek nie is nie. Maar ek wonder dikwels oor haar.

In die boek On Not Being Someone Else: Tales of our Unled Lives vind ek woorde vir die onbeskryflike gevoel dat die ongeleefde weergawe(s) van myself iets in my huidige lewe beteken. Ek verdiep myself in die literêre skolier Andrew Miller se idees dat elkeen van ons nog altyd net hierdie één kans gehad het. Vir mense soos my ouers was die paadjie eenvoudig: Kry ’n werk, trou, kry kinders, en pluk die vrugte van dekades se harde werk binne stelsels wat nie hul finansiële of sielkundige belange op die hart gedra het nie.

Vir ons (die kinders), is dit ’n bietjie anders, behalwe dat ons nie net ten alle koste al ons draaie en paadjies en besluite moet oorleef nie, nee … ons moet floréér. Of só word daar vir ons gesê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.