Watter soort mens is jy: ’n Kuifie of ’n Asterix?

UIT DIE ARGIEF

Watter soort mens is jy: ’n Kuifie of ’n Asterix?

Daar's net twee soorte mense, het ANTJIE KROG geskryf, en jy ken hulle aan hul comics uit.

  • 13 Julie 2022
  • Mense & Kultuur
  • 4 min om te lees
  • artikel 6 van 8
  • Antjie Krog

DAAR is twee groepe mense: dié wat Kuifie lees en dié wat Asterix lees. Heel weinig mense hou van albei.

Ek is in die Kuifie-kamp. Die gelyklopige verhale van Asterix wat altyd ná ’n towerdrankie die onmoontlike kan regkry, se sotte woordspeletjies interesseer gewoonlik net mense wat Latyn geneem het. Hoe kan ’n mens dan ook die logge, omvangryke Obelix met sy fiksasie op geroosterde wildevark in dieselfde asem noem as die bontgeskakeerde Kaptein Sardyn?

Kuifie is ons gesin se held – ’n onopvallende skraletjie, ’n joernalis wat jy in al die boeke slegs eenmaal sien skryf. Kuifie is die gewone, passiewe janalleman. Aan sy sy is die hartstogtelike Sardyn bedeeld met ’n durende dop en ’n verwoestende woordeskat. Hy is soms gewelddadig, soms swak, maar uiteraard, altyd beskonke. Hy wil die goeie doen, maar die kleurvolle kwade staan hom by...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.