Ek het ’n plek gesien waar alles wat geskryf staan, waar is

INNIE TJATJIES

Ek het ’n plek gesien waar alles wat geskryf staan, waar is

Hulle word net oor geskryf as iemand in bendegeweld sterf of as ’n plek voorgehou moet word as voorbeeld van die ongelykhede in hierdie land weens die regering of die polisie of wetstoepassers se onvermoë om wet en orde te handhaaf, skryf ANASTASIA DE VRIES.

OOR hulle word net geskryf wanneer nog iemand in bendegeweld sterf of armoede die tema van die dag is of ’n plek voorgehou moet word as voorbeeld van die slopende, voortslepende ongelykhede in hierdie land weens die regering of die polisie of wetstoepassers se onvermoë om wet en orde te handhaaf. Die negatiewe. En dan is hulle ook important. Asof Manenberg, die Kaapse Vlakte ’n vreemde land is. En hulle vir God en vaderland verlore. 

Nie die woorde nie, maar die stelligheid waarmee dit uitgesê is, tref soos ’n klap in die gesig. Asof dit is soos dit is, asof hulle al gewoond geraak het dat dit ál is wat mense van hulle weet, wil weet. Die skaamte oorspoel my, skuldig staan ek. Ek word klein tussen die mense wat my op die stoep van Manenberg se biblioteek inwag. Ek weet van hul plek, maar ek ken dit nie. Manenberg het die enigste biblioteek in die land met koeëlvaste vensters, vertel ’n bibliotekaris. In my kop speel die gruwelbeelde van hierdie plek, hoor ek van mense wat nie weet “hoe om hie' innie tjatjies [Manenberg] te survive nie” in ’n gedig van wyle Vernie Plaatjies, flertse uit Willem Fransman se “Oppie Cape Flats” waar “dit crowded is [...] en God van djou vegiet het!”.

Hulle is net te dankbaar dat ek tog opgedaag het, sê hulle wat gekom het om dié Donderdagmôre na my te kom luister. Dankbaar. Kan dié dag my gewete nog in fyner flenters opkerf? Want eens was ek waar hulle is, weerloos en magteloos, onbenullig en onsigbaar gemaak deur die stories oor my hartsplek wat die voorblaaie haal. Dit moet vertel word ja, die gruverhale, en tog is daar ’n ander Ravensmead, het ook ek lank gelede vir myself gesê, die Ravensmead wat my menswees gevorm het, die Ravensmead wat soos ’n vuur in my bly brand. Daarom kon en mag daar nooit vir my so iets soos die onvertelde storie wees nie. Dis in my sit en opstaan ingegrein, dié woorde van Arundhati Roy: “There’s really no such thing as the ‘voiceless’. There are only the deliberately silenced, or the preferably unheard”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.