SY liefde vir Afrikaans lê diep gewortel, in sy kinderjare op Somerset-Wes waar hy grootgeword het as die jongste van agt kinders in die befaamde Boezak-clan wat uiteindelik drie beroemde predikante sou oplewer – Allan, Reggie en Willa.
“Ek het grootgeword in 'n huis waar die kerk die kern was. Alles het om die kerk gedraai. Sondagskool, Kinderbond, Jeugvereniging, Jeugbrigade … daar was bitter min Engels," onthou hy.
“Afrikaanse kerke, Afrikaanse gemeenskap en Afrikaanse literatuur. Ek was versot op Trompie en sy boksembende. Vandag sou ou Blikkies miskien 'n Moslem-seuntjie gewees het en die ander een sommer 'n bruin laaitie – saam met Trompie, die Afrikaner-seun." Dr. Boezak lag nou, maar die storie kan net sowel 'n metafoor wees vir die uitsluiting waarvan hy oor die dekades begin bewus raak het – soos 'n klippie in die skoen...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.