DIÉ buitengewone man het vier name gehad. Sy pa het hom Makhanda (ook Makanna gespel) genoem. Hy was linkshandig, so van kleintyd af het party hom Nxele (linkshandige in Xhosa) genoem. Die trekboere het dit vertaal en hom Links genoem, wat die Britte toe misverstaan en Lynx gemaak het. (Later in sy lewe het die meeste mense hom net Nxele genoem omdat hulle uit respek nie sy regte naam oor hul lippe wou laat gaan nie.)
Die munisipaliteit van Grahamstad is na hom vernoem en hy is dekades lank deur Umkhonto we Sizwe as inspirasie opgeroep. Maar dit het meestal te make met die aanval op die Britse garnisoen in Grahamstad op 19 April 1819 waarvan hy die bevelvoerder was; 'n aanval wat ironies genoeg klaaglik misluk het.
Makhanda was soveel meer as net 'n militaris. Hy was in die eerste plek 'n spirituele mens, 'n mistieke figuur wat 'n byna poëtiese lewe gelei het en by wie die simboliek swaar geweeg het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.