Die Suid-Afrikaanse Inheemse Talemonument (of so iets)

MONUMENT-HERRIE

Die Suid-Afrikaanse Inheemse Talemonument (of so iets)

Hoe ironies sal dit nie wees as dit juis Afrikaans en ’n omstrede monument is wat die pad na werklike begrip, kulturele versoening, rasseharmonie en omarming van diversiteit in Suid-Afrika baan nie? Nathi Mthethwa het ’n reuse-geleentheid vir ’n grootse gebaar in Afrikaanssprekendes se skoot laat val, skryf NEIL SANDILANDS.

SO, Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het weer ’n lucidum intervallum beleef. ’n Oomblik van helderheid. Wat volg, is satire en geensins op enige waarheid gegrond nie. Dis als leuens, van begin tot einde.

My eerste refleksreaksie was dat die man al weer kom krap waar dit nie jeuk nie. Die onbevoegde, lui, visielose vetkatte van die ANC het niks beter om te doen nie. Hulle kan nie eens ’n suipsessie in ’n brouery orkestreer nie. 

Nou kom krap die nie-so-wel-ter-tale-nie man weer die leeu se knaters. Ons is al moeg daarvoor; vuisvoos in fêêêct, met dié opsetlike aanwakkering van verdeeldheid. Hulle weet presies waar die snellers lê om ’n man se andersins impotente verdraagsaamheid teenoor Eskom, die spoorweë, die Springbok, korrupsie, ag-jinne-you-name-it, te kom omellie. Mens voel hopeloos, want sakiemaak of jy ’n ding kán doen nie, hulle hoor jou nie – in Afrikaans – nie. Kan julle my nie maar net uitlos nie?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.