×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
1994: Morsig, maar nie rampspoedig

UIT DIE ARGIEF

1994: Morsig, maar nie rampspoedig

Aan die begin van 1994 is algemeen aanvaar dat Nelson Rolihlahla Mandela op 1 Mei daardie jaar die Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika sou wees. Die Regering van Nasionale Eenheid wat ná die verkiesing van 27 April tot stand sou kom, sou hoogs waarskynlik deur die ANC gedomineer wees, en die ANC sou waarskynlik ook die wenner in die meeste streke wees, het MAX DU PREEZ in Januarie geskryf. Met net meer as drie maande oor voor die datum, was die vrae: Wat lê voor vir ’n ANC-beheerde regering? Hoe gaan hulle die situasie hanteer? Wat is die kanse op stabiliteit?

IN ’n baie deurmekaar land waarin byna alles vloeibaar en onvoorspelbaar is, staan ’n paar dinge tog vas:

Die drie mees basiese knelpunte wat Suid-Afrika se toekoms kan beduiwel, is armoede, werkloosheid en huisloosheid;Die drie grootste vyande van stabiliteit wat hieruit vloei, is weghol-misdaad, weghol-geweld en weghol-radikalisme;As Suid-Afrika se nuwe demokrasie nie onmiddellik hoop op ’n beter lewe vir die miljoene armer township-inwoners en plakkers bring nie, gaan die demokrasie baie gou onder ernstige druk kom;Ekonomiese groei in 1994 en 1995 is absoluut essensieel;Groter arbeidsvrede, minder wegbly-aksies en hoër produktiwiteit is daarom ewe belangrik;Suid-Afrika het ’n buitengewoon hoë toleransiedrempel vir geweld, maar die land is tans gevaarlik naby aan die drempel;Sonder die deelname van Inkatha, Bophuthatswana en die hoofstroomregses aan die verkiesing (en hul aanvaarding van die uitslag) is die kanse op vrede en stabiliteit ontstellend klein;Om hoegenaamd effektief te kan wees, sal die nuwe regering na maksimale legitimiteit vir hulself en hul gewapende magte moet streef;Korrupsie, nepotisme en oneffektiwiteit sal ten alle koste uit die burokrasie geweer moet word; enDaar sal ’n fyn balans gevind moet word tussen herverdeling van hulpbronne; dus die belange van die werkers- en werklose klasse, en die meestal konflikterende belange van die wit middelklas en die entrepreneurs.

Die mees positiewe punt van die oorgang na ’n soort demokrasie in Suid-Afrika is ironies ook die potensieel mees gevaarlike...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.