TOESKOUERS kyk die afgelope week na die begrafnis van koningin Elizabeth II soos na ’n sportwedstryd. Wanneer jy rugby kyk, help dit om jou oog op die bal te hou indien jy wil weet wat aangaan. Dieselfde geld begrafnis-kyk, maar hier is die lyk die bal. Dis egter nie altyd so maklik om jou oog op die lyk te hou nie, want dit gebeur al hoe meer dat die een wat die hoofrol in haar eie begrafnis moet vertolk self nie genooi word nie.
Die mensdom kom ’n lang pad met begrafnisse en elke avatar van hierdie ritueel vertel sy eie storie. En die storie kan veral afgelees word uit wat met die lyk gedoen of nie gedoen word nie. Die Jode het byvoorbeeld in die warm klimaat van Palestina so gou as moontlik begrawe. Drie lang, uitgerekte roufases het gevolg. Daarna was daar die ossilegium, ’n soort tweede begrawing, waartydens die bene en ander reste bymekaar gemaak en weer begrawe is. Dit het gegaan oor ’n geleidelike proses van reiniging – soos wat die beendere “skoner” word, is die siel ook stelselmatig gereinig.
In antieke tye in Griekeland is klaagvroue vir begrafnisse gehuur. Die lyke en doderituele is ver weg gehou van tempels en enige plek wat as heilig beskou is. Mense was ook bang dat die gees van die oorledenes kon kom spook. Baie van die gebruike tydens en ná die begrafnis was om te sorg dat die gees van die oorledene wegbly. Om doodseker te maak dat sy nie haar pad sal terugkry huis toe nie, is die lyk deur ’n spesiale deur uit die huis gedra, met ’n ompad na haar graf geneem en die strooi waarop haar bed was, is verbrand...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.