Tyd om ’n streep te trek onder al die koninklike tradisies

TYD VIR VERANDERING

Tyd om ’n streep te trek onder al die koninklike tradisies

As tradisies blerrie belaglik is, raak ontslae daarvan, maar ek het ook ’n sagte plekkie vir die Kween, skryf LINDA VAN TILBURG uit Londen.

EK is seker nie die enigste een wat my verstom oor die Britse tradisies wat die lig sien met die afsterwe van die Britse koningin Elizabeth II nie. Ek het geweet hulle is die voorbokke van pomp en seremonie, maar hemel, daar is baie. Dit is meer gepas vir die imperiale era as moderne Brittanje en nog is dit het einde niet.

Die wêreld se media kamp nou uit by Buckingham-paleis in wit tente, want hulle weet niemand sit soveel woema in tradisies soos die Britte nie. Ek het ’n kleinneef gehad wat kom krieket kyk het, en het toe maar soos ’n toeris ook in Westminster gaan kyk wat daar aangaan om ’n gevoel te kry van hoekom die Britte die tradisies so aanhang.

Al lyk al die parades en gedoentes vir die buitewêreld ongepas, of, soos die joernalis Pieter du Toit opgemerk het, soos die dag wat Lord Roberts Pretoria oorgeneem het, steur die Britte hulle min aan negatiewe kommentaar en reis in hulle derduisende na hulle hoofstad, Londen, om deel te wees van die skouspel en staan vir ure in lang rye om hulle respek vir die kween te betoon...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.