IN Suid-Afrika het ons min geduld met insekte. Ek moet bieg ek het al selfs ’n hele paar vreeslike vet spinnekoppe ge-Doom dat hulle in ’n wit wolk verstik het. Mens maak nie maklik vrede met spinnekoppe wat lyk of hulle rugbykouse aanhet of van daardie wat inkom as dit reën en spring as jy hulle versteur nie.
Ek het soos menige van my landgenote ’n hele notaboek van planne met alle vorms van insekte, van die opwasmiddelmengsel vir die goggas wat jou rose so lekker opeet tot babapoeier vir die miere wat in jou huis inkom en hoe jy nie jou koeldrankblik alleen los vir daardie lastige bye wat wil inklim nie.
As ons ver pad ry daar in die Karoo wat die pad so reguit is dat jy op die ou end bid vir ’n storm dat jy beter kan konsentreer, is jou windskerm beplak met insekte sodat jy iewers in die middel moet stilhou sodat die petroljoggie dit kan skoonmaak...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.