SA is soos fietsry, al glo die inkomstediens nie in surprises of ...

'N AKKEDIS SE STERT GROEI TERUG

SA is soos fietsry, al glo die inkomstediens nie in surprises of geskenke nie

Op besoek terug aan Suid-Afrika besef LINDA VAN TILBURG die land word vinnig weer deel van jou. Jy trek dit aan soos 'n gemaklike paar skoene wat voel en ruik soos die huis.

TOE die Britte hulle imperiale septer oor ons swaai en Suid-Afrika op die rooi lys sit as beloning dat ons Omicron eerste raakgesien het, spring ek op die foon na my wonderlike vriendin Barbara in Somerset Wes. “Help," sê ek. “Ek sit vas in Suid-Afrika vir wie weet hoe lank en Pretoria in Desember is nie my idee van 'n geseënde Kersfees nie.”

’Skuus, Pretoria.

Met my aankoms op die lughawe in Kaapstad is daar omtrent net ek en drie ander mense. Die man agter 'n glas by die huurmotorplek lyk of die lewe hom getrap en toe nog 'n paar keer reverse het. Moedeloos omdat die buitelandse toeriste nou weer vir wie weet hoe lank gaan wegbly. Hy gee my woordeloos die sleutels en ek wonder of hy my wil merk vir kapers of teen hulle beskerm, want die karretjie, wat omtrent net genoeg perde onder die kap het om die snelweg te maak, is bloedrooi in 'n see van wit karre. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.