Schalk Schoombie was ’n vryskutjoernalis en die skrywer van twee romans, Boomkastele en Rooi haring, asook ’n niefiksieboek, Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor, en ’n bundel kortverhale, Die nag ruik na spoed. Hy had ’n broertjie dood aan fopnuus en samesweringsteorieë, en kon nie genoeg kry van goeie flieks en Jack Russells nie.
NOORDE TEEN SUIDE
Kaap vs. Jozi: Wie swaai die septer as die uiteetstad?
Kaapstad kraai koning as die hoofstad van smul, maar moenie vir Egoli as ’n kosstad weggooi nie, skryf SCHALK SCHOOMBIE.
Deel
VRA jy die fynproewers en smulpape (met vet beursies) watter stad het die beste eetplekke in die land, kom die antwoord gewoonlik dawerend: Kaapstad! ’n Baie berese vriend wat van Johannesburg na Kaapstad verhuis het, stel dit onomwonde: “Kaapstad is per vierkante kilometer die beste stad ter wêreld om by fynproewer-restaurante te eet.” Sy een voorbehoud: Die kos is peperduur en nie altyd die ekstra prys werd nie.
Dis seker onregverdig en ’n hoogs persoonlike/subjektiewe oefening om verskillende stede se toprestaurante teen mekaar op te weeg. Sulke vergelykings verval onvermydelik in ’n provinsiale toutrekkery.
Kobus Burger, die waarnemende programbestuurder by RSG, sê pront: “Ek hou mos glad nie van die Kaapse snobisme en die feit dat die eettydskrifte en keurpanele hoofsaaklik uit die Kaap kom nie. Daarom wen die deftige restaurante van die wynplase daar elke jaar en suig Johannesburg aan die agtertiet.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelSchalk Schoombie
JoernalisSchalk Schoombie was ’n vryskutjoernalis en die skrywer van twee romans, Boomkastele en Rooi haring, asook ’n niefiksieboek, Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor, en ’n bundel kortverhale, Die nag ruik na spoed. Hy had ’n broertjie dood aan fopnuus en samesweringsteorieë, en kon nie genoeg kry van goeie flieks en Jack Russells nie.