Die soektog na Putin se dogter se luukse Engelse wegkruipplek

WAAR IS MARIA?

Die soektog na Putin se dogter se luukse Engelse wegkruipplek

Nadat die Britte aangekondig het dat hulle besig is om ’n lys saam te stel van Russiese oligarge met ’n Kremlin-verbintenis, het LINDA VAN TILBURG besluit om meer te wete te kom van dié oligarge en hulle eiendomme in St. George’s Hill ... en te kyk of die gerugte oor die woonbuurt se hoogste boom waar is.

WAAR begin jy as jy soek na die eiendomme van die Russiese oligarge en familielede van Putin teen wie die Britte nou sanksies wil instel? En nou praat ek nie van die huise in die middel van Londen, in Chelsea, Belgravia, Kensington en Mayfair waarvoor jy ’n bustoer kan onderneem nie. Ek praat van die Russe wat hulself dieper in ’n luukse woonbuurt genaamd St. George’s Hill in Weybridge, Surrey ingegrawe het.

Ek bly in Weybridge, net onder “The Hill”, soos die inwoners van Surrey graag na St.George’s Hill verwys. Dit is ’n Engelse landgoed waar die bekende Britse eiendomsontwikkelaar Walter George Tarrant in 1911 die denne en rododendrons wat daarop gegroei het afgekap het om ’n woonbuurt van 950 akker in Surrey te vestig vir mense met geld. Aanvanklik het popsterre soos die Beatles se Ringo Star, Elton John en Cliff Richard ingetrek, maar mettertyd het die wêreld se rykstes op die golf van goue visums hier aangekom, die Tarrant-huise begin sloop en met monstergroot herehuise vervang, en dit het ’n groot aantal Russiese superrykes en oligarge ingesluit.

’n Eiendomsagent het ons eenkeer vertel van Russe wat in die verlede met tasse vol dollars by hulle kantore in die dorpies van Surrey aangekom het en hoe hulle daarmee eiendom en verblyfreg gekoop het. Die skuiwergat is egter gesluit en eiendomsagente word nie meer toegelaat om kontant te hanteer nie ingevolge geldverduisteringwette wat ingestel is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.