EK sê sneeuwit wêreld, maar daar was hierdie jaar feitlik boggerôl sneeu by die ski-oord buite Beijing waar die Spele aangebied is. Vir China was die afgelope jaar die warmste op rekord, met die gemiddelde temperatuur hoër as 10˚C. As jy die agtergrond (https://earthobservatory.nasa.gov/images/149430/a-satellite-view-of-olympic-terrain) in die TV-uitsendings mooi dopgehou het, kon jy soms een of ander verskriklike lelike kragstasie sien, of sulke treurige boompies met nie ’n druppel sneeu daarop nie.
Maar dis nou een ding van die “Middel-koninkryk”; hulle kan goed bou en maak gebeur, maak nie saak of hulle 1.5 miljoen inwoners moet verskuif om Olimpiese infrastruktuur te bou nie. Die Chinese betwis die syfers, maar dit is hoeveel mense verskuif is vir die bou van 2008 se Olimpiese Spele, volgens die Centre on Housing Rights and Evictions (COIHRE) in Genève, Switserland.
China sê issie, dit was net so 6,000 mense. Die Chinese het darem die “Bird’s Nest”- stadion, wat vir die 2008-Spele gebou is, weer vir vanjaar se openingseremonie gebruik; so alles is darem nie van nuuts af gebou nie. Een van die Chinese regering se grootste kritici, die kunstenaar Ai Wei Wei, het terloops gehelp met die ontwerp van die Bird’s Nest...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.