Linda van Tilburg is ’n gesoute politieke joernalis en uitsaaier wat ná ’n draai in die wêreld van politieke risiko-ontleding in Engeland teruggekeer het na haar eerste liefde, radio, met ’n fokus op podsendings en die sakewêreld. Sy skryf uit Londen, maar is gereeld in Suid-Afrika.
MILO IN DIE MODDER
Want kalm honde klim nie
Hulle labradoodle Milo is sowaar 'n cool dude, maar met geen maniere nie, skryf Linda van Tilburg uit Londen.
Deel
SO ’n paar jaar gelede begin die kinders se jare lange gekarring van “ons wil ’n puppy hê” op my werk en ek begin skuldig voel dat die besluit om hulle in die vreemde groot te maak, beteken dat hulle die lekker dinge van Suid-Afrikaans wees mis.
Miskien was dit ook net te lekker om die alleenheid van vryskutwerk vanuit ’n tuiskantoor te ontkom en sommer op ’n trein te spring en in Londen saam met ’n vriendin in ’n kosmark rond te loop of om die jongste blou skildery met bôggherol anders daarop in die Tate Modern te gaan beskou.
Die finale strooi was toe die bure ’n Australiese labradoodle aanskaf. Die hondjie lyk nes ’n teddiebeer en al druk my dogter haar hele gesiggie in sy hare, is daar nie ’n teken van die asma wat ek as verskoning gebruik het om my sorgvrye lewe voort te sit nie. Ons kry die naam van die teler en ry al die pad tot in Wallis om een te gaan uitsoek...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelLinda van Tilburg
JoernalisLinda van Tilburg is ’n gesoute politieke joernalis en uitsaaier wat ná ’n draai in die wêreld van politieke risiko-ontleding in Engeland teruggekeer het na haar eerste liefde, radio, met ’n fokus op podsendings en die sakewêreld. Sy skryf uit Londen, maar is gereeld in Suid-Afrika.