Sjarrap … Praat sagter ... Waar’s die koffie?

NAGUIL VS. OGGENDMENS

Sjarrap … Praat sagter ... Waar’s die koffie?

Douvoordag opstaan is wat haar betref nie net ’n baie onaantreklike vooruitsig nie, dit is ook gevaarlik, want sy neem stupid besluite, vertel LINDA VAN TILBURG. Moenie naguile probeer verander nie, want hulle is só gemaak en só laat staan.

EK lees vanoggend die soveelste artikel oor die voordele daarvan om ’n oggendmens te wees. Dr. Christian Jarrett, ’n neurochirurg, skryf in die tydskrif BBC Science Focus dat ’n studie van die Universiteit van Leipzig bevind het dat oggendmense nie net meer tevrede met die lewe in die algemeen is nie, hulle het ook minder geestesgesondheidsprobleme.

Daar is heelwat welbekende uitdrukkings wat die voordele besing van vroegoggend wakker wees en uit die bed te spring met ’n lied in die hart. Die Engelse praat van “Early to rise makes you healthy and wise” en “The early bird catches the worm”. Vir my, die spreekwoordelike naguil, klink dit net na bla ... bla … bla, veral as ek dit lees of hoor voor negeuur in die oggend. 

In my familie is daar ’n duidelike skeidslyn tussen die oggendmense en die naguile. Daar is die groep gelei deur my pa, wat as ons by die see is, vroeg opstaan om te kyk hoe die son opkom, gaan swem of visvang lank voor die ander helfte van die huis nog diep onder hulle duvets inkruip. Teen die tyd wat hulle al kwetterend tergkom, vol bewondering vir die water, die see en die son, sit ons nog saam met my ma en staar in die verte op die stoep. En as hulle aanhou met: “Julle weet nie wat julle mis nie,” antwoord ons: “Sjarrap ... praat sagter en waar’s die koffie?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.