HIER in die land met die lang demokrasie, oftewel die land waar die woerbal Boris die septer vir nou swaai, gaan dit voor die wind met die inentingsprogram vir die plaag wat die wêreld beset. Meer as die helfte van die bevolking het reeds hulle eerste inenting gekry teen Covid-19, en die jongste groep wat nou uitgenooi word om aan te meld is in die ouderdomsgroep bo 42.
Ek en Langman was baie opgewonde toe ons agterkom ons kan ons nou inboek vir die “Groot Inspuiting”. Dit gebeur so sleepglad op die internet waartydens jy soek vir die naaste inentingsplek. Daar is ’n kerk hier digby ons dorpie, Surrey, maar ek besluit om die bespreking te doen by een van die groot inentingsentrums by ’n perderesiesbaan hier naby ons om te kyk wat daar aangaan.
Jy meld aan en ’n vriendelike nurse vra jou besonderhede, gee jou so ’n inentingskaartjie en dan wag jy so ’n paar minute voor jy by die inspuiting uitkom. Ek kyk op die kaartjie en sien ek kry die AstraZeneca. Op ’n vraag of ek nie liewer een van die ander kan kry synde dat Suid-Afrika se Covid vir hom ’n nuwe mutasiebaadjie aangetrek het en die Oxford-universiteit se inenting nie so effektief is teen die variasie nie, sê hulle: “Nee, vandag is dit net AstraZeneca.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.