EK dink ek moet iewers in ’n gemeenskapsaal of ’n plek, op ’n ongemaklike harde stoeltjie, in ’n kringetjie mense gaan sit. Dan sal ek my hand kan opsteek: “Hallo julle, my naam is JJ en my seun is outisties,” dan kan die mense my help, of ten minste móét hulle dan luister.
My seun is outisties. Hy was eers ’n Asperger, maar dié term het in onbruik verval. Heel aan die begin was hy net ’n klein seuntjie met geweldig verwarde ouers omdat hy “anders” was. ’n Andersheid waarop ons nie die vinger kon plaas nie – om die waarheid te sê, niemand kon nie. ’n Andersheid wat hom van baie beroof het – maatjies en veral simpatieke onderwysers. Hy is nie dom nie, maar het om verskeie redes geweldig op skool gesukkel. Eindelik is hy een jaar in die laerskool, met baie drama gepaard, teruggehou.
Elke moontlike terapie op hierdie ronde aarde kon weinig aan hom verander. Dit het slegs by hom ’n blywende weersin in enige soort spreekkamer veroorsaak, maak nie saak hoeveel kleure en prentjies op die mure geverf is of hoe vriendelik die tannie was nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.