Niemand ly aan outisme nie

OP DIE SPEKTRUM

Niemand ly aan outisme nie

Ja, geen mens kan aan outisme LY nie, want dit is nie 'n siekte nie. Dit kan nie genees word nie. Hierdie is maar een van die wanopvattings en nog een van die maniere waarop mense dié neuro-ontwikkelingsversteuring verkeerd verstaan, skryf NICI HARMSE.

DIT was 'n onsmaaklike voorval 'n paar weke gelede. 'n Outistiese 11-jarige seun en sy ma het by 'n vulstasie in Newcastle, KwaZulu-Natal, stilgehou. Die seun het dringend 'n badkamer nodig gehad, en omdat hy uiters gevoelig vir reuke is, wou hy nie die openbare badkamer gebruik nie.

Vir omstanders het dit dalk na 'n ongemanierde, onbeheersde en ongedissiplineerde stout kind gelyk wat toe sy klere in die openbaar uittrek en langs 'n motor urineer. Maar dit sou suiwer onkunde wees, soos die vulstasiebestuurder wat glo gevra (https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ma-vra-begrip-vir-outisme-na-vulstasie-voorval/) het of die reeds getraumatiseerde kind “reg in die kop" is en hom verder verneder het.

Ek is 'n ma van 'n seun van 23 wat 'n Asperger is. Dié term, wat verwys na outiste wat “hoogs funksionerend" is en genoem is na die Oostenrykse sielkundige en pediater Hans Asperger, het in onbruik geraak en daar word eerder na mense op die “outistiese spektrum” verwys. Maar “outisme" is steeds 'n gelaaide term wat baie mense ongemaklik laat voel – en hulle onkunde daaroor vererger die ongemak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.