EK sit vanoggend hier in die land met die oudste demokrasie waar die winter so begin vat-vat en Covid-19 weer posvat en ek sukkel met die verlange na dit wat so bekend is. Selfs die laaste van my rooibos-latte (ek kon nou al vir langer as ses maande nie weer terugkom Suid-Afrika toe om dit aan te vul nie) wil nie die onrustigheid in my hart stilmaak nie. Ná nog 'n skoot kondensmelk begin ek die reuk van 'n kampvuur in my geheue optower en verbeel ek my ek kan die Bosveld ruik.
Ek hoef nie te wonder waar die hunkering vir soetgoed om seer reg te maak vandaan kom nie. My ma het so 'n sentimeterlaag kondensmelk bo-op ons pap aangebring en ons spens was nooit sonder koekies nie. Dis waar ek ingeduik het as my jongste liefde my teleurgestel het, nogal gereeld as ek nou daaraan dink, my perd my afgegooi het of een of ander eksamenpunt nie aan my verwagtinge voldoen het nie. My pa, wat 'n Hollander was, is ook kort-kort met hopjes – dis 'n Nederlandse koffielekker – gevang op pad van sy kas af waar hy dit gebêre het sodat die vyf kinders nie alles in een dag opeet nie.
Ons is drie susters en soos dit met baie vroue gebeur wat saambly en -werk, het ons al drie gelyk aan PMS gely. Jy kon daardie tyd van die maand elkeen van ons met 'n blik kondensmelk in die hand sien waar ons in die gang verby mekaar loop, terwyl my twee broers en pa so koes-koes anderkant toe gehardloop het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
VERLANGE IN DIE VERTE
Kondensmelk teen die pyn
Haar versugting om tog net weer in Suid-Afrika te wees, bring haar suikertand na vore, skryf LINDA VAN TILBURG.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel