MET die politieke oorgang in Suid-Afrika in die vroeë 1990’s was daar ’n kollektiewe samespanning, of dalk eerder sameswering, om gestalte te gee aan aartsbiskop Desmond Tutu se idee van ’n reënboognasie. Internasionaal is ons geprys vir ’n vredevolle oorgang van apartheid na ’n demokrasie. Aan die hoof van projek sosiale samehorigheid was immers ’n man wat 27 jaar van sy lewe opgeoffer het. Nêrens was daar ’n groter simbool, ’n amper mitologiese figuur, van vrede en verdraagsaamheid as Nelson Mandela nie.
So word ons emosioneel gekoöpteer met die verantwoordelikheid vir nasionale eenheid. Dit sou skandelik wees as ons sy boodskap van vergifnis verwerp ten spyte van ons gedeelde psigiese wonde.
In die bestek van ’n paar jaar word van ons as nasie verwag om die politieke kopskuif te maak van waar die einste Desmond Tutu Bybel onder die arm nog die weermag konfronteer in strate waar motorbande gereeld gebrand het tot ’n newelbeeld van ’n laggende, rasgeïntegreerde groep wat iewers op ’n luukse rooftop bar hand om die blaas Castles drink...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.