Londen maak hom reg vir feesvier soos op VE-dag

NOTISIE UIT DIE DIASPORA

Londen maak hom reg vir feesvier soos op VE-dag

Joegaai maats, vryheid is amper hier in Engeland! Of is dit, wonder LINDA VAN TILBURG terwyl sy en die res van Brittanje die slapies aftel tot 21 Junie, wanneer die einde van hul grendeltydperk glo volgens Boris ‘Beloftes’ Johnson aanbreek.

DIT is nou amper ’n jaar sedert die Verenigde Koninkryk sy eerste grendeltydperk ingegaan het en hier in die derde spertyd in Engeland wat al van kort voor Kersfees begin het, is die meeste van ons al so voos soos ’n bokser net voor hy uitgeslaan word. Daar is natuurlik die vrolike hasies wat spog met hul spiere en gewigsverlies wat die ewige optimis Joe Wicks se programme op televisie slaafs volg. Jammer mens kan hulle nie ’n virtuele dwarsklap gee nie ...

Net gister het ek met ’n entrepreneur in San Francisco gepraat wat seweuur die oggend (vir hom) so vars soos ’n daisy gelyk het en so tussendeur vertel hy my dat hy die vorige dag van sy bergfiets afgeval het en met ’n gebreekte been sit wat eers later die dag gips sou kry. Ek weet nie wat in die water aan die Amerikaanse weskus is nie, maar ek dink hulle moet dit saam met al hulle tegnologie uitvoer.    

Maar iets wat my deesdae in my vele onderhoude op Zoom en ander moderne maniere van kommunikeer opval, is mense wat lyk soos bergtrolle wat die eerste keer lig sien nadat ’n sneeustorm hulle in ’n grot vasgekeer het. Mans wat ’n jaar gelede netjies in ’n sakepak was, verskyn nou met kapsels wat hulle óf self gesny het óf dit lyk of hulle dit sommer gelos het vir die dag as die haarkapper weer oop is. ’n Hele paar kan verwar word met die jeti-sneeuman.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.