NOTISIE UIT DIE DIASPORA
Rwanda: ‘Utopie’ wat allesoorheersende gehoorsaamheid vereis
In die Land van 'n Duisend Heuwels, skryf MARGARETE HEESE, het sy geleer om dankbaar te wees vir wat sy het. Sy het haar lewensremme aangeslaan, die lewe meer waardeer, en hoop gekry vir Suid-Afrika se demokrasie.
NOTISIE UIT DIE DIASPORA
Rwanda: ‘Utopie’ wat allesoorheersende gehoorsaamheid vereis
In die Land van 'n Duisend Heuwels, skryf MARGARETE HEESE, het sy geleer om dankbaar te wees vir wat sy het. Sy het haar lewensremme aangeslaan, die lewe meer waardeer, en hoop gekry vir Suid-Afrika se demokrasie.
Deel
EK woon sedert 2017 saam met my ingenieursman in Rwanda. Hy bestuur 'n sementfabriek in 'n baie afgeleë, landelike gedeelte in die westelike provinsie van Rwanda.
Die Land van 'n Duisend Heuwels is een van die kleinste lande op die vasteland, maar ook die digsbevolkte. Hoewel Rwanda al die “Liefling van die Wêreldbank (https://www.ft.com/content/683047ac-b857-11e9-96bd-8e884d3ea203)” genoem is danksy die ekonomiese groei ná die volksmoord in 1994, is mense steeds brandarm, en werk is skaars.
As jy nie 'n lappie grond het nie, moet jy ander planne bedink om geld te verdien. Met 'n fiets kan jy veral op die platteland ver kom deur 'n vervoerbesigheid te bedryf en fietse kreun onder swaar vragte wat heen-en-weer karwei word. Van reuse-trosse piesangs, 'n vark in piesangblare toegedraai om vars by die mark aan te kom tot 'n sitkamerstel word agterop 'n fiets gelaai. Passasiers jaag saam teen vreesaanjaende snelhede by die bulte af terwyl hulle rustig agterop 'n taxifiets boodskappe op hul selfone stuur...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel