’n Lewe van téén die wind in vorentoe beur

HANNAH-REEVE SANDERS

’n Lewe van téén die wind in vorentoe beur

As die eerste vrou wat as mediese hoofsuperintendent van ’n Suid-Afrikaanse hospitaal aangestel is, was dit onder dr. Hannah-Reeve Sanders (nou 92) se leiding dat Groote Schuur onder meer opgehou het om op grond van pasiënte se velkleur te besluit in watter sale hulle behandel sou word. En dan het sy ook nog die suidoostewind van voor gekry omdat sy Joods én Afrikaans is. ELSABÉ BRITS het by haar gaan kuier.

IN die Berghof-aftreeoord in Kaapstad bel die ontvangsdame na Sanders se woonstel om te laat weet sy het ’n gas. Sy sal self afkom om my te kom haal, laat weet sy. Ek wou nog gaan sit en wag, toe staan sy al daar: masker op die gesig, kierie in die hand, geklee in ’n denimbroek en ’n wit-T-hemp.

Van haar stoepie wat hoog teen Leeukop uitkyk, wys sy na al die mense daar waar sy ook vroeër gereeld berggeklim het. Die rooi malvas in die potte op die stoepie het sy van Piketberg af gebring. Haar tuisdorp.

“Ons het die huis daar nie te lank gelede nie verkoop,” sê sy. Die een oorkant die NG kerk in Hoofstraat, waar haar ouers, Jacob en Sonia Katzeff, ’n lewe gaan maak het nadat hulle in die 1920’s uit Litaue geëmigreer het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X