Wie sê swart vroue kan nie swem nie?

MEERMIN MET 'N DROOM

Wie sê swart vroue kan nie swem nie?

Niemand in haar familie kan régtig swem nie, skryf ANESCA SMITH. Soos in borsslag of vlinderslag of selfs rondjies in die swembad. Maar daar's iemand wat nes sy opgegroei het op die Kaapse Vlakte wat nou seker maak dié stereotipe – en geslagte se vrese – word verpletter.

RUSHANA Hartnick en ek deel dieselfde jeugherinnering as bruin kinders wat in die 1980's opgegroei het: Daardie één dag per jaar as die hele familie strand toe trek. Eens daar, hardloop jy onmiddellik om jou “voete nat te maak”. Ná 'n paar keer bokspring voor die branders uit, waad jy dieper die water in. Tot dit rondom jou knieë dein en jou hart woes begin klop.

Dis dán wanneer jou ma van die strand af skreeu: “Nie so ver nie!”

En só het ek nooit leer swem nie. En veral geleer om bang te wees vir water. Net soos my ma en haar ouers voor haar. Trouens, ek ken niemand in my familie wat régtig kan swem nie. Soos in borsslag of vlinderslag of selfs rondjies in die swembad...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.