Grote genoom! SA betree die wêreld van genomiese ontleding

BLOUDRUK VAN DIE MENS

Grote genoom! SA betree die wêreld van genomiese ontleding

Suid-Afrika het pas die era van grootskaalse menslike genomika betree. Mense se volledige genetiese samestelling kan nou vir die eerste keer plaaslik gekarteer en ontleed word. Daar is ook planne om ’n verwysingsgenoom saam te stel sodat ons ons diverse samelewing se siektes beter kan verstaan, voorkom en genees, skryf ELSABÉ BRITS.

DIE eerste ses volledige genome van Suid-Afrikaners is pas vir die eerste keer op eie bodem in die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se splinternuwe genomiese sentrum in Kaapstad gekarteer en word tans ontleed.

Dié laboratoriumsentrum van R7,7 miljoen is deur die SAMNR gebou. Die drie belangrikste masjiene, wat saam meer as R11,7 miljoen werd is, word deur die Chinese maatskappy BGI aan die instelling geleen.

’n Genoom is basies die genetiese bloudruk van ’n mens en verskaf die presiese boublokke en individuele stukkies van die legkaart waaruit jy bestaan. Die eerste ses genome wat eintlik net ’n toets vir die laboratorium is, kan dalk belangrike antwoorde verskaf.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.