×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Só klink ’n 3,000 jaar oue stem uit die graf

MUMMIE MIA!

Só klink ’n 3,000 jaar oue stem uit die graf

Slim tegnologie en ’n driedimensionele drukker het kenners gehelp om ’n klank uit die dode te laat herrys – dié van ’n Egiptiese skrifgeleerde en priester wat 3,000 jaar gelede geleef het. ELSABÉ BRITS het gaan uitvind hoe sy stem sinteties herskep is.

AL ooit gewonder hoe sou iemand uit die verre verlede se stem geklink het, eeue voordat daar stemopnames was? ’n Elektroniese ingenieur, argeoloë, ’n museumkurator en Egiptoloë van Brittanje wou ook weet.

Hulle het die nodige dele van ’n mummie se anatomie met ’n driedimensionele drukker vervaardig en daarin geslaag om ’n sintetiese weergawe van sy oorspronklike stem op ’n rekenaar te produseer.

Vir die eerste keer is die klank van ’n stem uit die verre verlede op dié manier wetenskaplik herskep om in die hede gehoor te word. Dié klank is spesiaal, vertel prof. David Howard, hoof van elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Londen, juis omdat die individu so ’n spesiale mens was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.