Die ongemak van kuns

KUNS EN SENSUUR

Die ongemak van kuns

'n Voorgenome kunsuitstalling van Conrad Botes en Anton Kannemeyer in Johannesburg is onlangs summier gekanselleer. En sommer ook die bekendstelling van sy nuwe boek, saam met die heruitgawe van Anton Kannemeyer s'n. Dít blykbaar omdat hul werke mense ontstel het nog voordat die publiek dit kon sien. ELSABÉ BRITS het met hulle gesels oor satire, stilswye en sensuur.

CONRAD Botes het in April vanjaar by die Circa-galery in Johannesburg 'n uitstalling gehad. Einde Oktober vanjaar sou daar 'n gesamentlik uitstalling van dié kunstenaar en sy jare lange vennoot Anton Kannemeyer wees, asook die bekendstelling van 'n nuwe boek, The erotic drawings of Conrad Botes, en 'n sagteband-heruitgawe van Kannemeyer se boek The erotic drawings of Anton Kannemeyer.

Maar kort nadat hulle van die werke per e-pos aan die galery se Mark Read, seun van Everard Read, gestuur het, kry Botes 'n oproep van Read: Nee, hy wil nie meer die uitstalling van meer as 30 werke by Circa hê nie. Hy wil ook nie meer die twee boeke daar bekendstel nie. 

“Die rede was dat hy nie in die huidige politieke klimaat die uitstalling daar wou hê nie," vertel Botes. “Van sy senior personeellede – en dit is nie mense wat visueel geletterd is, of kuns gestudeer het nie; kantoorpersoneel – het gesê hulle gaan bedank as hy die uitstalling hou. En hulle sal elke dag voor die galery betoog.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.