Een-tot-een-teater – is jy dapper genoeg?

KONFRONTASIE

Een-tot-een-teater – is jy dapper genoeg?

’n Eksperimentele teatervorm toets jou grense met net een akteur en een gehoorlid – jy! HENK SERFONTEIN het ’n nuwe speelvak van DEURnis bygewoon en in een aand pasiënt, sterwensbegeleier, minnaar en aandadige geword.

OP 'n gewone Sondagaand waarin die wolke ongewoon bo Leeukop bondel, hou ek stil voor Wrensch House, 'n boetiekhotel in Observatory. By die vuilpienk deur lui ek die klokkie waarna 'n sekuriteitswag my binnelei.

Hier bevind ek my in die binnehof van wat moontlik die bes bewaarde geheim in Observatory is: 'n herehuis met 'n indrukwekkende kontemporêre kunsversameling.

Die eerste beeld in die tuin wat my oog vang, is die uitbundige onderstebo lapis lazuli-blou engel van Beezy Bailey. Sy skop met haar hoëhakskoene in die lug en herinner aan die onderstebo beelde van die Duitse ekspressionis Georg Baselitz...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.