Nie lus vir ’n kis of om jou bas te laat veras? Laat dan jou lyk ...

WATERKREMASIE

Nie lus vir ’n kis of om jou bas te laat veras? Laat dan jou lyk te water laat!

Is 'n teraardebestelling of 'n verassing vir jou ewe moeilik om te aanvaar? 'n Metode wat reeds jare lank elders gebruik word, is dié week vir die eerste keer in Suid-Afrika ingespan. Dit maak gebruik van water, druk en alkalië om die liggaam binne vier tot ses uur af te breek tot die kleinste boublokke van lewe. ELSABÉ BRITS het gaan uitvind hoe dit werk.

DIE begrafnisonderneming Avbob het onlangs aangekondig dat hy die eerste akwamasie(aquamation)-toerusting die land ingebring het wat net 10% van die energie van ’n verassing gebruik en géén skadelike kweekhuisgasse vrystel nie. Die proses staan ook as alkaliese hidrolise, waterkremasie of waterverassing bekend.

Dit behels basies dat jou liggaam in ’n wateroplosbare sak geplaas word, en dan in ’n buisvormige staaltenk. Die water word vooraf en daarna in die tenk verhit, die druk word tot 3,5 bar verhoog, en die basis (alkalië) wat in korrelvorm bygevoeg word, bestaan uit natriumhidroksied en kaliumhidroksied.

Weg is jy .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.