Geweld teen vroue: Die kwaad-lys mág maar lank wees

GENOEG IS GENOEG

Geweld teen vroue: Die kwaad-lys mág maar lank wees

Die woede oor seksuele geweld teen vroue en kinders in die land het die afgelope week in Kaapstad oorgekook en pres. Cyril Ramaphosa het uiteindelik Donderdagaand die nasie daaroor toegespreek en die regering se plan om dit stop te sit gedeel. Duisende mense het voor die parlement betoog, nie net oor die regering en die Grondwet wat geminag en leë beloftes wat gemaak word nie, maar teen “goeie mans wat niks doen nie”. ELSABÉ BRITS maak haar stem dik.

HULLE het opgedaag, geklee in swart. Derduisende vroue. Swart, wit en bruin. Jonk, en die gryses. Selfs hoërskoolmeisies geklee in hul skooluniforms. Ook mans, veral jongeres.

Op sosiale media het ’n mens gelees hoe baie vroue dié dag (4 September) verlof geneem het om in die strate voor die parlement te wees.

Baie van die vroue wat daar was, is self verkrag – self meer as een keer. Of hul dogters is verkrag, of hul vriendinne, ma’s, susters en oumas. Dan is daar dié wat verkrag en toe vermoor is. Hul stukkende lyke iewers in ’n veld gegooi, soos ’n stuk vrot vleis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.