Die vrouehaat-kultuur: Ons moet meer doen

JESSE EN UYINENE

Die vrouehaat-kultuur: Ons moet meer doen

Ná die moorde op nog twee jongmense is Suid-Afrika weer eens in opstand oor die voortslepende geweld teenoor vroue. JONATHAN JANSEN redeneer dat dit meer gaan vat as optogte en oomblikke van stilte om die kultuur van vrouehaat hok te slaan.

DIE twee jongmense wat laas week vermoor is, het drie dinge gemeen gehad. Hulle was albei 19 jaar oud. Hulle was albei universiteitstudente. Hulle was vroue. Nou is hierdie jong, idealistiese Suid-Afrikaners, wat so uitgesien het daarna om hul wêrelde te verander, dood, nog voordat hulle hul eerste studiejaar kon voltooi.

Jesse Hess het verlede jaar aan die Table View High School in Kaapstad gematrikuleer. Sy het reeds gekies om haar lewe te wy aan die Christelike bediening. Sy was ’n jeugleier in haar kerk en het slegs ure voor haar dood ’n Women’s Month-toekenning ontvang. “Ek spaar al vir ’n ruk om iets spesiaals te doen vir my ouma en my tannie ... wat vir my blyplek gegee het,” het sy op Heart FM-radio vertel. Dis geen verrassing nie dat hierdie jong leier ingeskryf was om teologie te studeer aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Die plaaslike poskantoor..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.