Nuwe geslag (wit) boere keer terug na die grond in Zimbabwe

INKOMMERS BRING HOOP

Nuwe geslag (wit) boere keer terug na die grond in Zimbabwe

In Zimbabwe het 'n nuwe generasie jong wit boere stilletjies begin terugkeer na die grond wat tydens dié land se grondhervormingsproses van hul pa's, oupas en ooms afgevat is. PETA THORNYCROFT het gaan ondersoek instel.

DIE grondgrype wat byna twee dekades gelede begin het, het 'n groot uitwerking gehad. Die verwoesting van die mees gesofistikeerde kommersiële plase in Afrika het die Zimbabwiese ekonomie vinnig op sy knieë gedwing.

Die verhaal is welbekend. Omtrent 4,500 boere – wat omtrent 7 miljoen hektaar grond besit het en verantwoordelik was vir omtrent 50% van Zimbabwe se verdienste aan buitelandse valuta – is stelselmatig van die grond geskop en hul plase aan nuwe “begunstigdes” uitgedeel. Die meeste van daardie kommersiële boere is sedertdien oorlede, het geëmigreer of leef in armoede, meestal in Harare. 

Nuwe generasie..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.