MET Robert Mugabe se dood verlede week was die msasabome se twee weke lange lentevertoning amper verby – die blare aan ’t verander van ’n droë, sonverskroeide bruin na ’n palet van roes, helderrooi, wynrooi, die sagste roompienk en, in helder sonlig, die groen van ’n yslollie. Sagte, gekartelde blare met ’n subtiele, vars geur. ’n Suggestie van komende reën. Laat dit tog net val vanjaar. Asseblief, geen droogte meer nie.
Die grond is kliphard. En die damme se watervlakke is so laag. By die Victoria-waterval stort die water nie meer oor die rand nie, dit sukkel-sukkel stadig oor die klippe. Asseblief, laat dit tog net reën.
Ek hoop die msasas oorleef. Zimbabwe se tabakkwekers, meestal kleinboere, kap elke jaar aan hulle vir brandhout om hierdie vurige en lelike oes, ’n dodelike nalatenskap van die eertydse Rhodesië, te verwerk. Die huidige ekonomie is so afhanklik van tabak-uitvoer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.