Robert Mugabe laat ’n verwoeste onderwysstelsel na

NALATENSKAP

Robert Mugabe laat ’n verwoeste onderwysstelsel na

Dit is 'n mite dat die voormalige president van Zimbawe die land se onderwysstelsel radikaal hervorm het, skryf JONATHAN JANSEN

TOE die Zimbabwiese kragman Robert Mugabe verlede week dood is in 'n hospitaal in Singapoer, was die reaksie verdeeld. Die swart politieke klas in Suid-Afrika het hom geprys as die onbetwisbare bevrydingsheld wat wit plaasgrond teruggegee het aan arm swart mense. “Hy het 'n paar foute langs die pad gemaak,” het die andersins rasionele leier van 'n plaaslike swart opposisieparty geskryf.

Baie swart Zimbabwiërs het die afsterwe gevier van 'n politieke skurk onder wie se oog 20,000 mense dood is in die afgryslike Matabeleland-slagting en wat eiehandig 'n land verwoes het wat eens bekend was as “die broodmandjie van Afrika”. Die enigste mense wat enige grond ontvang het, het ons bure ons herinner, was die politieke elites in die regerende Zanu-PF party.

Morele kompas..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.