Ndlovu-jeugkoor gee Suid-Afrika hoop

SPROKIESVERHAAL

Ndlovu-jeugkoor gee Suid-Afrika hoop

Oormôre, in die vroeë oggendure reeds, sal ons weet of die Ndlovu-jeugkoor met $1 miljoen dollar en as wenners van ‘America’s Got Talent’ huistoe sal kom ná hul asemrowende optrede in die eindronde. Koor-koors loop hoog onder Suid-Afrikaners wat al weke lank met groot trots hul vordering van sukses tot sukses volg. MADELEINE BARNARD het gaan uitvind wat die storie agter die glorie van hierdie groep jong sangers van Limpopo is.

DIE koor het gister laatmiddag in Los Angeles – dit was 2vm in Suid-Afrika – hul grootse eie weergawe van Toto se Africa uitgevoer. Geklee in vrolike heldergeel, in kontras met die pienk van die kwarteindronde en die ligblou van die halfeindronde, het hulle die beoordelaars Gabrielle Union en Julianne Hough op hul voete gehad met hul optrede. 

Na sestien weke van harde werk wag die koor, en Suid-Afrika saam met hulle, vir die uitslae en die kroon van die algehele wenner, wat met $1 miljoen huistoe sal gaan. Die uitslae word Donderdag 19 September laatmiddag in LA aangekondig – weer in die vroeë oggendure in Suid-Afrika.

Van die oomblik wat die groep jong Suid-Afrikaners met blink gesigte en groot glimlagte een van die beroemdste verhoë in die wêreld bestyg het, volg hul landgenote ademloos hul segetog soos hulle hul pad na die eindronde van die gewildste talentkompetisie ter wêreld oopgesing het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.