KITSKENNIS | Volspoed op pad na ’n ontPOFfing

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Volspoed op pad na ’n ontPOFfing

Die Padongelukkefonds (POF) is veronderstel om deel van die land se maatskaplike vangnet te wees, maar soos feitlik elke ander komponent van die staatsdiens strompel dit voort van krisis tot krisis en laat dit juis die armste Suid-Afrikaners in die steek, skryf WILLEM KEMPEN.

Wat is die POF en hoekom bestaan dit?

Die POF is ’n versekeraar wat deur die staat bedryf word en deur die Wet op die Padongelukkefonds van 1996 tot stand gekom het. Die POF se taak is om skadevergoeding uit te betaal aan enigeen wat beseer is of skade gely het weens die nalatige of wederregtelike gebruik van ’n motorvoertuig. Buitelanders wat ten tyde van hul besoek aan Suid-Afrika in ’n padongeluk beseer word, mag dus ook ’n eis teen die POF indien.

Die idee is dat álle padgebruikers, ryk en arm, beskerming moet geniet in die geval dat hulle beseer word of andersins skade ly weens iets of iemand waaroor hulle nie beheer gehad het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.