Tyd vir ’n teen-gelofte?

GELOFTEDAG

Tyd vir ’n teen-gelofte?

Moet die gelofte geloof word, vra HANS PIENAAR, wat beteken dat om 'n eed namens jou nasate – ingesluit ateïste en jollers – te neem, onsinnig is? En waarom sou God Bloedrivier aan die Voortrekkers gee, net om daarna Natal weer van hulle weg te neem?

DAAR loop Angus Buchan toe'n bloutjie met sy swart mede-Christene. Maar 'n bietjie wit trane later, is alles nou vergewe. Vir 'n rukkie, altans, want wat gaan hy op 16 Desember doen? Gaan hy sy repudiasie van Afrikaners “as een van die twee verbondsvolke” herhaal, en die gevaar loop om 'n groot deel van sy gehoor, en inkomstebron, te vererg?

Afrikaners van die FAK-soort sukkel met Geloftedag. As daar nou een gebruik is wat idees omtrent goddelike uitverkorenheid, wit oppergesag, oranje-blanje-blou nostalgie en vrees teen die hordes saamvat, is dit Geloftedag, toe God darem een keer 'n handjievol Voortrekkers teen duisende Zoeloes laat wen het. Maar hoe regverdig jy die voortgesette viering daarvan terwyl jy uit die ander mondhoek jou getrouheid aan die Grondwet betuig?

Dit sal interessant wees om te sien hoeveel mense Geloftefees gaan hou hierdie jaar, met inagneming dat dit volg op die groot vordering wat die VF Plus in die Mei-verkiesing gemaak het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.