KITSKENNIS | Word ’n Super koolstof-Trouper nes daai Sweedse ...

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Word ’n Super koolstof-Trouper nes daai Sweedse meisie

Goed, so jy moet gemiddeld elke derde keer nuwe plastieksakke in die supermark koop omdat jy alweer die herwinbares in die motor vergeet het, maar jy wil darem ook jou deel doen om die planeet min of meer bewoonbaar te hou. Jou koolstofspoor is ’n goeie plek om te begin, skryf WILLEM KEMPEN.

Wat is ’n koolstofspoor?

Dis ’n maatstaf van die totale hoeveelheid koolstowwe wat deur die doen en late van ’n individu of ’n groep of ’n aktiwiteit tot die aarde se atmosfeer gevoeg word. Hierdie koolstowwe is hoofsaaklik koolstofdioksied (CO2, ook bekend as koolsuurgas) en metaangas (CH4).

Om jou koolstofspoor heeltemal akkuraat vas te stel is waarskynlik nie moontlik nie omdat jy so ’n magdom veranderlikes in berekening moet bring. Die sinvolste benadering is: Maak wat ook al jou koolstofspoor groter of kleiner?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X