KITSKENNIS | Met ’n bietjie geluk is jy nou in ’n 5G-kol

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Met ’n bietjie geluk is jy nou in ’n 5G-kol

Suid-Afrikaners in dele van Gauteng het van vandeesweek af toegang tot 5G-internetdekking. Wat presies beteken dit, en hoe opgewonde moet ons daaroor raak, vra WILLEM KEMPEN.

Wat is 5G?

5G is die nuutste internasionale standaard vir koordlose oftewel mobiele datanetwerke, dus vir mobiele toestelle. Anders gestel: dis die vyfde geslag (5de G) van pogings om die beste beskikbare koordlose netwerke op ’n bepaalde tydstip te standaardiseer sodat elke innoveerder nie heeltemal in sy eie rigting trek nie. Hier is kortweg wat die eerste vier geslagte behels het:


1G: analoog-sellulêre toestelle, waarmee jy kon bel of keer dat papiere van jou lessenaar af waai.
2G: die eerste geslag digitale toestelle, waarmee jy toe ook vir die eerste keer teksboodskappe kon stuur;
3G: die eerste fone waarmee jy op die internet kon swerf. Aflaaispoed van data op die internet was aanvanklik in die omgewing van 200 kilobisse per sekonde (kbps). Nog steeds in gebruik waar 4G nie beskikbaar is nie.
4G (insluitend 4G LTE): tipiese spoed van 20 tot 50 megabisse per sekonde (mbps). Sal waarskynlik nog vir ’n hele klompie jare in gebruik wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.