Khoi-San se beendere vertel ’n verhaal van lyding, swaarkry...

TUISKOMS

Khoi-San se beendere vertel ’n verhaal van lyding, swaarkry en harde werk

Lank gelede is die grafte geskend van Khoi-San-mense wat in lewe onder dwang op ’n plaas in die Roggeveld gewerk het. Hul oorskot is onseremonieel en op ’n onetiese manier in die 1920’s aan die Universiteit van Kaapstad geskenk. Nou het dié mense gesigte gekry, danksy moderne tegnologie. Wetenskaplike studies en ’n restitusieproses met die families het dié hartseer verhaal opgediep, maar ook antwoorde gebring, skryf ELSABÉ BRITS.

HULLE gaan uiteindelik terug huis toe. Al was hul laaste rusplek ’n plaas waar hulle ingeboekte werkers was wat sonder betaling gewerk het. Hárd gewerk het, het hul beendere vertel. Maar darem, hulle sal terugkeer na die Karoo van die Noord-Kaap waar die landskap vir derduisende jare aan hulle en hul voorsate behoort het. Waar hulle nasate hulle weer sal herbegrawe.

Dié Khoi-San, agt mans, vroue en kinders het almal tussen 1875 en 1913 gesterf. Nog een, ’n onbekende Khoi-San man wat 700 jaar gelede geleef het, was deel van die groep wie se beendere in bokse by die universiteit gelê het.

Hulle was: Klaas Stuurman; Abraham Cornelius; twee mans, Totje en Voetje; ’n klein meisie en kleuterseun wie se name nie vasgestel kon word nie; en twee vroue, Saartje en Jannetje...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.