IN die droë, woestynagtige Kalahari, daardie plek van groot dors en sand, was daar lank gelede ’n oorvloed water. Daar was ’n meer wat dalk so groot kon gewees het soos die eertydse Makgadikgadi-pan in Botswana, wat groter is as die ganse Switserland.
Watervalle vol lewe het teen die rotswande afgebruis. Niemand kan dit meer onthou nie, buiten die klippe en die sedimente waarin die bewyse behoue gebly het.
’n Span kenners van die Navorsingsinstituut vir Menslike Evolusie (HERI) aan die Universiteit van Kaapstad is saam met oorsese kollegas na die Ga-Mohana-heuwel in die Kalahari, en spesifiek die noordelike rotsskuiling, een van die twee grootstes in die omgewing. Dit is hier waar dr. Robyn Pickering, direkteur van die HERI, en haar span gaan werk het, en idees oor menslike evolusie uitdaag, in meer as een opsig. Dié werk is onlangs in die vakjoernaal Nature (https://www.nature.com/articles/s41586-021-03419-0) gepubliseer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.