Terwyl Donald J. Trump se yl sonnetjie soos ’n karmosynrooi diskobal huiwerig begin wegsak agter die stowwerige horison van die Amerikaanse politieke landskap, onthul C. LOUISE KORTENHOVEN haar deelname aan ’n majestueuse projek.
WAAROM, vra ’n kollega hier in die departement djenderstudies aan ons universiteit anderdag in die teekamer, weier sommige mense om toe te gee dat Donald Trump ook ’n paar positiewe dinge reggekry het?
Dit was nie die eerste keer dat dié soort vraag in ons geledere opduik nie, en soos gewoonlik was daar ’n heftige argument oor die onderwerp. Dr. Eckhardt Spies het dadelik uitgewys dat werkloosheid onder “swart en Hispaniese Amerikaners”, soos hy dit gestel het, onder Trump die laagste in die geskiedenis was.
Dr. Spies moes oomblikke later toegee dat die bron vir sy aanspraak dieselfde webwerf is wat onlangs berig het dat FW de Klerk tot Islam bekeer is en R30 miljoen vir ’n moskee op Potchefstroom geskenk het, en dat ons dit dus nie ernstig hoef op te neem nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
PLAASLIKE MEISIE PRESTEER IN DIE BUITELAND
Fore! Dis afslaantyd vir die Trumpioteek
Terwyl Donald J. Trump se yl sonnetjie soos ’n karmosynrooi diskobal huiwerig begin wegsak agter die stowwerige horison van die Amerikaanse politieke landskap, onthul C. LOUISE KORTENHOVEN haar deelname aan ’n majestueuse projek.
Deel
WAAROM, vra ’n kollega hier in die departement djenderstudies aan ons universiteit anderdag in die teekamer, weier sommige mense om toe te gee dat Donald Trump ook ’n paar positiewe dinge reggekry het?
Dit was nie die eerste keer dat dié soort vraag in ons geledere opduik nie, en soos gewoonlik was daar ’n heftige argument oor die onderwerp. Dr. Eckhardt Spies het dadelik uitgewys dat werkloosheid onder “swart en Hispaniese Amerikaners”, soos hy dit gestel het, onder Trump die laagste in die geskiedenis was.
Dr. Spies moes oomblikke later toegee dat die bron vir sy aanspraak dieselfde webwerf is wat onlangs berig het dat FW de Klerk tot Islam bekeer is en R30 miljoen vir ’n moskee op Potchefstroom geskenk het, en dat ons dit dus nie ernstig hoef op te neem nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelC. Louise Kortenhoven
KampvegterDr. C. Louise Kortenhoven is ’n djender-aktivis en kampvegter vir maatskaplike geregtigheid. Sy het ’n PhD (summa cum laude) in eiendomsbestuur aan die voormalige Trump University in New York.