Gaan SA se xenofobe keer dat ’n genie terugkom huis toe?

PATRICK TOO SOON?

Gaan SA se xenofobe keer dat ’n genie terugkom huis toe?

Patrick Soon-Shiong, briljante entstofwetenskaplike wat in Suid-Afrika gebore is en nou in Amerika woon, wil terugkom huis toe. Maar gaan hy welkom wees hier? vra JUSTICE MALALA.

DIE waarskuwingsligte flits al hoe dringender. Elke week hoor of sien ons skrikwekkende voorvalle van georganiseerde xenofobie oral in Suid-Afrika. In baie gevalle is dit nie net woorde nie, maar ook gewelddadige optrede.

Uiters ontstellende video’s van Durbanse winkeleienaars en straatsmouse, oënskynlik buitelanders, wat aangeval word, het begin Maart op sosiale media verskyn. Hulle winkels is met petrolbomme bestook. Die opstokers was glo lede van die ANC se Umkhonto weSizwe Militêre Veterane-vereniging, wat deur Kebby Maphatsoe gelei word.

Sosiale media is verlede Donderdag en Vrydag oorheers deur xenofobe van ’n lafhartige Put SA First-groep, wat daarop aangedring het dat die SAUK-ankerman Peter Ndoro, wat van Zimbabwe kom, afgedank en deur ’n Suid-Afrikaner vervang word. Ndoro saai al 30 jaar in Suid-Afrika uit. Voormalige president Jacob Zuma het die leier van Put SA First ’n paar weke gelede by Nkandla onthaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.